Nuusbrief  20/ 2018

Hierdie is Bybel-Media se laaste nuusbrief vir die jaar. Baie dankie vir jou ondersteuning en heerlike samewerking. Geniet jou welverdiende ruskans en mag die Kind van Kersfees vir jou en jou geliefdes oorvloedige vrede en vreugde skenk.

---

Lees in die Kerkbode van 30 November ... 

waar al die kerk se nuwe proponente voorgestel word.

Lees ook meer oor die briljante, jong, swart vrou wat in Pretoria gelegitimeer is en daarmee toegelaat is tot die bediening in die NG Kerk.

Kerkbode vertel ook van die gewese dekaan van teologie wat in Stellenbosch gelegitimeer is.

Kerkbode stel ook sy nuwe redakteur voor, terwyl die uitgaande redakteur terugdink oor sy vyf jaar in die stoel.

Daar is ʼn onderhoud met dr Willem Nicol oor sy nuwe boek oor Jesus, en Henco van der Westhuizen skryf oor die Dordtse Leerreëls wat nou 400 jaar oud is.

André Bartlett skryf oor nog ʼn skildery en daar is ʼn bladsy oor boeke wat goeie Kerskgeskenke kan wees.  

---

                           BEHOU DIE HUMOR 

---

                       Jongste Bybelkor-publikasie

HARTSPLEK

PRYS: R120.00

Die plekke waar ons woon, is baie belangrik. Dit kan selfs ons geluk en lewensvreugde bepaal. Eintlik kan ons sê ons ís ons plekke. Ons identiteit word deur ons plek bepaal. Ons het ʼn adres! Ons is soos ons adres.

Wys my jou plek en ek sien jou hart. Maar plek is ook belangrik in ons geloofslewe. Juis omdat plek en identiteit so ineengevleg is. Ons geloofslewe vat grond en speel af in die werklikheid van al die plekke waar ons leef.

Ons geloofshart klop ook in ons hartsplek. Hierdie boek kyk van naderby na ons verhouding met die plekke waar ons leef, rus, werk en speel. Dit neem ons op ʼn reis na baie verskillende plekke en stel ons bekend aan die Reisgids wat ons help om sin te maak van die lewe en die plekke waar ons leef. Dit dink na oor geloof en grond. En dit bring ons hartsplekke en ons hartklop vir geloof by mekaar uit.

SKRYWER 

Nelus Niemandt

KOOP NOU

---

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Kersgroete vanuit Wellington.

Strydom Bruwer
Bybel-Media
E-pos: strydom@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223