Nuusbrief  13 / 2018

Lees in die Kerkbode van 17 Augustus ... 

hoe die pad van versoening ʼn NG dominee gebring het by vennootskappe met plaaslike leiers van die EFF en die ANC-vroueliga.

Daar is ook ʼn verhaal van dokters en ander mediese personeel wat hulle dienste gratis aanbied om te help waar die staat nie kan bykom nie.

ʼn Groepie jong werkendes in Pretoria het probeer om armoede beter te verstaan deur ʼn week lank soos armes te eet.

Lees van hulle ervaring. Kerkbode vertel ook hoe boere van Fochville wat voel die Here seën hulle so dat hulle nou ander boere help wat onder droogte ly.

Lees ook hoe die Nehemia-Bybelinstituut se kursusse deur ʼn gemeente in Beaufort-Wes gebruik word, van ds Arion Naidoo wat nou ʼn NG gemeente in die Kaap bedien, van ds Nico de Klerk se vordering op sy pelgrimstog, van die aktuarius wat nou ook ʼn advokaat is, en van ʼn beeldhouer wie geloof neerslag vind in sy konseptuele kuns.

Daarby bevat dié uitgawe van Kerkbode die derde aflewering in Atlas se reeks oor hoe die NG Kerk die Bybel verstaan.

---

Lees in die September-uitgawe van LiG ...

 waar Pierre van Pletzen en Sandra Vaughn  vertel dat God hulle anker is. Jo Black vertel ook van sy skip wat ingekom het, en Ivan Botha neem ons agter die kamera van sy nuwe fliek, Stroomop.

Hoe groei ‘n mens geestelik? Stephan Joubert gee drie waarhede wat gelowiges help. En kundiges gee wenke oor hoe om jou kind geestelik te help groei.

Lees ook die inspirasie-stories van ‘n Lupus-lyer wat eers kwaad was vir God, maar nou vir Hom getuig en ‘n ma van ‘n drieling wat vrou-alleen boer.

Ons gee raad as jy voel dat jy en jou huweliksmaat mekaar ontgroei het. En hoe gebare jou kind se ontwikkeling kan help.

LiG – vir jou en jou mense.

Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.

---

KINDERKONFERENSIE 

Gemeente-predikante/pastore, jeugwerkers, kinderwerkers, kategete, Kix-leiers, kinderbond-leiers, kinderkerk-aanbieders, ouers of enige ander persoon wat belangstel in kinderbediening, word uitgenooi na die 2018 Kinderkonferensie wat aangebied word deur die Jeugkantoor van Communitas en Kix.

 

---

Jongste Bybelkor-publikasies

WATERMERK

PRYS: R50.00

Die doop bind jou kind aan Christus. Die doop plaas jou kind se voete op die Christuspad. Die doop is God se belofte om deur sy Gees by jou kind te wees. Die doop maak jou kind deel van die geloofsfamilie. Die doop sê jou kind se lewe het ʼn doel in God se wêreld.

Die doop sê al hierdie dinge. Al verstaan jy dit dalk nie. Hoe meer jy van die doop weet, hoe meer vreugde vind jy egter daarin. En dit is ʼn geleentheid wat geen ouer behoort te mis nie.

Hierdie riglyne vir gesprekke met doopouers sal hulle help om die diep betekenis van hulle eie doop te herontdek, en daarom ook die diep betekenis van hulle kind se doop te verstaan en te vier.

Dit word gebruik saam met die boek Doopjoernaal, ʼn boek wat diepte gee aan die viering van die doop.

KOOP NOU

DOOPJOERNAAL

PRYS: R70.00

Jy wil graag jou kind se doopdag spesiaal maak, ʼn dag om te vier, ʼn dag om onthou te word. Die Doopjoernaal sal jou help om aan hierdie viering diepte te gee en jou kind te leer om sy of haar doopdag ook self te vier.

Die Doopjoernaal bied riglyne vir gesprekke, aktiwiteite en geloofsgewoontes wat ouers sal help om hulle kinders te laat ontdek dat hulle bly wees oor hulle band met Christus, om hulle kinders opgewonde te maak oor die pad waarop God hulle voete geplaas het, om hulle te laat besef dat die Gees altyd by hulle is, om ander gelowiges as hulle familie te sien – en om te weet dat hulle die wêreld ingestuur word om vanuit God se liefde vir God en ander mense te gaan leef. 

ʼn Boek om jou en jou kind te help om die rykdom van die doop te vier en nooit te vergeet nie.

Dit word gebruik saam met die boek Watermerk, wat vorm gee aan gesprekke oor die doop tussen die ouers en leraars.

KOOP NOU

---

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Groete vanuit Wellington.

Strydom Bruwer
Bybel-Media
E-pos: strydom@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223