Nuusbrief  11 / 2018

Lees in die Kerkbode van 20 Julie ... 

Een ding wat al meer in NG gemeentes gebeur, is dat gelowiges oor grense beweeg: grense van ras, grense van klas, grense van denominasie, en nog meer. Alles omdat ons al beter verstaan dat Christus se liefde oor grense vloei. In Doornkloof het dit op ʼn besondere manier gebeur ná ʼn moord op ʼn sypaadjie. In die Noord-Kaap het dit gebeur by ʼn ekumeniese dag op Britstown. In Kleinmond het dit by ʼn Gee-basaar gebeur. In Riebeeckstad in die Vrystaat doen hulle dit op verskillende maniere wat wissel van ʼn naskoolsentrum en ʼn jeugdiens tot ʼn Imagine Kidz-week in die vakansie en koffiekuiers by mense se huise. In Lusaka gebeur dit by die gemeente se maandelikse markdag. En Louwtjie Bouwer beywer hom daarvoor dat dit al meer op plase sal gebeur.

En dan is daar nog ʼn klomp ander leesstof ook, onder meer die eerste bydrae in ʼn reeks oor wat die NG Kerk reeds in die verlede besluit het oor hoe ons die Bybel moet verstaan.

---

Lees in die Augustus-uitgawe van LiG …

hoe Tracey Lange ons lewe opvrolik! Ons vertel van ‘n vrou se rommelterapie na haar kinders se dood. En skryf ‘n huldeblyk aan Annalise Wiid, geliefde woordkunstenaar.

Agt vroue vertel hoe woorde die wêreld ‘n beter plek maak. En ons gee raad oor wanneer om stil te bly en wanneer om te praat as frustrasies jou huwelik tref.

Sukkel jy om te bid? Ons gee wenke uit Bybel. Lees ook die artikel oor hoe om ‘n betroubare Bybelvertaling te kies.

Vir ouers gee ons raad oor hoe om kinders sonder vrese groot te maak. En kundiges gee agt wenke om jou kind se woordeskat te ontwikkel – dis boustene vir sukses.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhou te lees, besoek www.lig.co.za.

---

Jongste Bybelkor-publikasies

Doop DVD 

PRYS: R100.00

KOOP NOU

In 5 kort videoinsetsels word voornemende doopouers blootgestel aan die teologiese begronding vir die kinderdoop, gehelp om in die eerste 1000 dae van hul kindjie se lewe die grootste verskil moontlik te maak en hoe om geloof in hulle huise voor te leef en oor te dra. As ouers die DVD voor die doopkategese kan kyk en bespreek sal die doopkategese saam met die predikant nuwe diepte en sinvolle gesprek moontlik maak. 

Brief aan doopouers

PRYS: R34.00

KOOP NOU

Hierdie brief is spesiaal gerig aan julle as ouers, om te help dat julle beter kan verstaan wat by die doop gebeur. Neem, lees sodat die doop van jul kindjie julle met vreugde teenoor God kan vervul, en julle dankbaarheid teenoor Hom laat toeneem.

---

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Groete vanuit Wellington.

Strydom Bruwer
Bybel-Media
E-pos: strydom@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223