BYBEL-MEDIA MAAK ’N IMPAK

’n Geskenk van hoop aan ons kinders

Beste Bybel-Media-vriend

Ek skryf aan jou om diep uit my hart dankie te sê vir elke bydrae tot ons KinderKersKous-projek van Desember.

As jy nog nie die geleentheid gehad het om die KinderKersKous-projek te ondersteun nie, kan jy steeds ’n donasie maak of maandeliks ’n bydrae gee.

Te danke aan ons lojale ondersteuners het Bybel-Media reeds verskeie donasies ter waarde van R205 000 ontvang! Ons is amper halfpad na ons doelwit van R500 000 vir hierdie projek. Elke donasie help ons om nog Bybelse aktiwiteitsboeke, kinderprodukte en ander opvoedkundige boeke te ontwikkel wat ’n verskil in ’n kind se lewe kan maak.

Bybel-Media streef jare lank reeds daarna om al meer geestelike materiaal vir kinders en kursusse vir jeugleiers en fasiliteerders in gemeenskappe met geestelike nood te ontwikkel.

“Bybel-Media se KinderKersKous-projek wil daarom betrokke raak by die groot uitdaging om ons kinders se lees-met-begrip-vermoë te bevorder én om hulle geestelike ontwikkeling te ondersteun.” – Hannelie Matthee, Bybel-Media se donateurskakel

Ons KinderKersKous-projek – ’n geskenk van hoop aan ons kinders

Bybel-Media wil kinders en jongmense met geestelike boeke bederf sodat hulle in hulle geloof kan groei. Ons het daarom besluit om ons KinderKersKous-projek te verleng na die eerste kwartaal van 2021. Die projek bestaan uit:

• Pakkies gevul met Kinderbybel-stories, Bybelse aktiwiteitsboeke en ander opvoedkundige boeke wat by onder meer kinderhuise en skole uitgedeel sal word.

• Die ontwikkeling van nóg Bybelse kinderprodukte omdat ons glo dat hierdie geloofsvormende boeke ’n verskil in ’n kind se lewe kan maak.

Hiervoor het ons jou hulp nodig.

Hoe om ’n bydrae tot die KinderKersKous-projek te maak

Elke bydrae, maak nie saak hoe groot of hoe klein dit is nie, word direk tot voordeel van die projek aangewend. Dit sal help om ’n boodskap van omgee en hoop in moeilike tye aan kinders oor te dra. Alle bydraes sal erken word.

Ondersteun deur debiet-/kredietkaartbetaling

KLIK HIER om aanlyn met jou debiet- of kredietkaart te betaal of besoek www.bybelmedia.co.za.

Ondersteun deur EFT/stoporder

Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA
Absa-rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: ABSA BANK WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: e-pos en naam

Ondersteun deur debietorder

KLIK HIER vir die aflaaibare vorm. Voltooi dit en stuur dit terug na boublokke@bmedia.co.za 

Vriendelike groete

Hannelie Matthee
Hoof: Finansies en Donateurskakel
Tel: +27 21 864 8238 
E-posadres: hannelie.matthee@bmedia.co.za

BYBEL-MEDIA SE BOEKRAK

Jeugfokus se geïntegreerde aanlyn kategeseprogram vir 2021

Geskik vir gemeentes van alle groottes

 Nuut!   Nuut!   Nuut!

Kry toegang tot Jeugfokus se nuwe kategesereeks vir 2021. Hierdie materiaal is nou aanlyn beskikbaar by missio.org.za

Jeugfokus se nuwe reeks vorm die geloof van kinders en jongmense deur blended learning, ’n benadering wat aanlyn onderrigmateriaal, interaktiewe geleenthede in die erediens en huisgeloof kombineer met die meer tradisionele ontmoetings. Hierdie opwindende nuwe kategesemodel is ideaal vir hierdie tyd waarin kategesegroepe nog nie bymekaar kan kom nie.

Ons nooi alle predikante, kategeseleiers en kategete uit om as gemeente by missio.org.za te registreer. Julle gemeente verkry dan toegang tot die aanlyn kategesemateriaal deur ’n jaarlikse lisensie te koop. Die prys van die lisensie is aan die gemeente se grootte gekoppel.

KLIK HIER vir die prysskaal van die lisensies.

Met die aankoop van die lisensie kry kategete toegang tot die aanlyn aanbiedersgids vir die vier ouderdomsgroepe, asook tot die werkblaaie vir die katkisante. Hierdie werkblaaie kan afgelaai en/of self uitgedruk word.

Spesiale aanbod! Die eerste 50 gemeentes wat registreer by missio.org.za kwalifiseer vir ’n afslag van 10% op die kategesemateriaal vir 2021.

Gebruik die koeponnaam jeugfokus10 wanneer jy registreer.

Vir elke ontmoeting in die aanbiedersgids is die volgende beskikbaar:

• agtergrondinligting oor die Bybelgedeelte en die tema van die ontmoeting

• riglyne vir ’n kindermoment in die erediens wat by die tema van die kategese aansluit

• riglyne vir ’n huisgeloof-gesprek

• die vloei van die ontmoeting vir die vier verskillende ouderdomsgroepe (voorskool, graad 1-3, graad 4-6 en graad 7-10)

• hulpmiddels en bykomende inligting vir die verskillende ontmoetings

• kernwaarhede, uitdagings en aktiwiteite wat met WhatsApp of per e-pos aan die katkisante uitgestuur kan word.

Vir die verskillende ouderdomsgroepe is daar by elke ontmoeting werkblaaie beskikbaar wat die groepleiers kan aflaai en/of self uitdruk.

Jesus roep my (Voorskoolse kinders) 

Die kleuters ontdek ons hoef nie self ’n plan te maak om die wêreld heel en nuut te maak nie. Die Here is die Planmaker. Hy het vir Jesus gestuur om die probleem van ons sonde vir ons op te los. Nou roep Jesus ons om opgewonde te wees oor sy plan, om deel van sy plan te word en om dit te help waar maak. Jesus roep ons om Hom te volg.

Jesus ken my naam (Graad 1-3) 

Die kinders ontdek ons hoef nie self ’n plan te maak om die wêreld heel en nuut te maak nie. Die Here is die Planmaker. Hy het vir Jesus gestuur om die probleem van ons sonde vir ons op te los.

Nou nooi Jesus ons om opgewonde te wees oor sy plan, om deel van sy plan te word en om dit te help waar maak.

Jesus roep ons op ons naam om Hom te volg.

Jesus is ons Here (Graad 4-6)

Die jongmense ontdek Jesus is ons grootste geskenk. Jesus het ons verlos, en Jesus is ons Here wat altyd by ons is.

Die jongmense word uitgedaag om te antwoord op Jesus wat hulle op hulle naam roep om Hom te volg en saam met Hom die wêreld nuut en heel te maak.

Hulle ontdek dat hulle deel is van Jesus se plan vir die wêreld. En om vir ander van Jesus te vertel, is ’n belangrike deel van hulle rol in Jesus se plan.

Ek het U lief (Graad 7-10) 

Ons hoef niks vir die Here te gee in ruil vir ons verlossing nie. Om te wys hoe dankbaar ons dat Jesus ons verlos het, leef ons soos Hy van ons vra in die Bybel.

Die jongmense word uitgedaag om hulle geloof in Jesus en hulle liefde vir Hom sigbaar uit te leef.

Hulle ontdek opnuut hulle is deel van Jesus se plan om die wêreld heel en nuut te maak. Deur vir ander van Jesus te vertel, sluit hulle by Jesus aan in sy plan vir die wêreld.

 “Oor vyftig jaar van nou af sal dit nie belangrik wees hoeveel ek besit het, waarin ek gery het of waar ek gewoon het nie, maar die wêreld kan ’n ander plek wees omdat ek in ’n kind se lewe en geloof belê het.”

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by www.bybelmedia.org.za

Nog opwindende nuus vir gemeentes!

Bybel-Media se digitale katalogus vir 2021 is reeds beskikbaar.

Die katalogus vertel jou meer van ons geloofsvormende produkte wat jou lewe en die lewe van jou gemeente en geloofsgemeenskap kan verryk en verander.

In vanjaar se katalogus sluit ons die volgende in:

• kategesereekse

• kinder- en jeugprodukte

• kerklike benodighede

• doopprodukte.

Ons hoop die beskikbare produkte sal tot groot seën wees vir jou persoonlik en vir jou bediening.

KLIK HIER om katalogus af te laai.

KLIK HIER om die katalogus deur te blaai. 

Aankope kan direk by ons e-winkel gedoen word: www.bybelmedia.org.za; telefonies by 021 864 8211 of per e-pos by bestel@bmedia.co.za

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Groete uit Wellington

LiG-NUUS

LiG verskyn voortaan kwartaalliks. Die nuwe verskyningsdatums val saam met vier belangrike feestye in die Christelike jaar:

• Paasfees

• Pinkstertyd

• Koninkrykstyd 

• Advent/Kersfees

Die nuwe LiG sal dikker wees, met meer inhoud wat verryk en inspireer, en mooier foto’s. En steeds al die diepte en egtheid waarvoor LiG bekend en geliefd is. Hou gerus ook www.lig.co.za dop vir vars, inspirerende inhoud elke dag.

OM IN TE TEKEN: Stuur ’n e-pos na lig@onthedot.co.za, WhatsApp na 087 353 1292 of skakel 087 353 1291

Jy kan as gemeente of inidividu op LiG inteken, en dit word gratis by die kerk of huis afgelewer. Ons afleweringdiens geld vir die groot stede en die meeste plattelandse gebiede. Alternatiewelik word LiG aan jou gepos.

Ons benodig jou adres, selnommer en e-posadres om die intekening te aktiveer. Jy betaal R59,90 kwartaalliks per debietorder, en dit word outomaties hernu.

KERKBODE-NUUS

Word ’n Vriend van Kerkbode 

Ons wil nie ’n betaalmuur rondom www.kerkbode.co.za se stories, amptelike nuus, briewe, rubrieke en vakatures oprig nie. Ons wil kerknuus toeganklik hou. Ons wil voortbou op die groei wat ons die afgelope drie jaar aanlyn beleef het. Dáárom het ons jou hulp nodig …

Lees meer hier 

Bybel-Media: So lui die onstaansverhaal

Hoe het Bybelkor – noemnaam van “die Bybelkorrespondensiekursusse van die NG Kerk aan die Hugenote Kollege” – destyds op dreef gekom? Frits Gaum vertel met die viering van Bybel-Media se 50ste jaar. 

Lees meer hier

Preke: pause of fast forward?

Cas Wepener skryf oor die drie struikelblokke wat gefrustreerde luisteraars na aanlynpreke na die afstandbeheer laat gryp. 

Lees meer hier 

In die slaapkamer, langs die bed ...

Dana Snyman skryf oor die slaapkamer as intieme plek. “Daar haal jy jou masker af.”  

Lees meer hier 

‘Ek is opnuut geïnspireer om te getuig’

Lettie Büchner skryf Ben du Toit se boek het haar opnuut geïnspireer om te getuig.

Lees meer hier