Nuusbrief  10 / 2018

Lees in die Kerkbode van 15 Junie ... 

waar vertel word van ʼn inisiatief om gemeentes in die onrusgesteisterde Noordwes te help om vir vesoening in hulle omgewing te werk.

Daar is ook die verhaal van Gamkavallei, ʼn NG gemeente sonder rassespanning, maar wat die uitdaging van armoede takel.

Lees ook oor  ʼn NG predikant se bediening in Skotland in ʼn samelewing wat kerk eintlik die rug gekeer het.

Daar is verder ʼn onderhoud met Cecile Cilliers, die eerste vrou wat in die leierskap van die Algemene Sinode gedien het, oor haar debuutbundel kortverhale.

Lees oor prof Dirkie Smit se Annie Kinkead Warfield lesings, oor die Winterskool op Stellenbosch, oor die bekendstelling van ʼn boek oor Maria, en oor ʼn skildery van Pablo Picasso oor die kruisiging.

---

Lees in die Julie-uitgawe van LiG ...

waar Erica Wessels vertel oor haar soek en vind van God.

Two Oceans-wenner, Gerda Steyn, vertel hoe sy verras was oor haar hardlooptalent. En twee jong argitekte deel hulle storie van gehoorsaamheid in die sendingwêreld.

Ons gee 35 maniere om gehalte-tyd met jou kind te spandeer hierdie vakansie. Kundiges gee ook raad as jou man aan pornografie verslaaf is.

Lees oor mense wat bergklim op soek na God – van Moses tot nou. En kry ons vier bid-bakens wanneer jy ‘n woestyntyd beleef.

Maak self ‘n knus mus vir jou koffiemaker (“plunger”)!

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

---

Jongste Bybelkor-publikasie

VONKK 3 Begeleiersboek

PRYS: R150.00

Nuwe liedere in klassieke styl vir gemeentesang en kleingroepe. Die boek bevat 26 lieder se bladmusiek.

KOOP NOU

VONKK Volume 3 CD

PRYS: R100.00

Nuwe liedere in klassieke styl vir gemeentesang en kleingroepe. Die CD bevat 26 lieder met begeleiding en sang

KOOP NOU

---

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Groete vanuit Wellington.

Strydom Bruwer
Bybel-Media
E-pos: strydom@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223