BYBEL-MEDIA MAAK ’N IMPAK

Ondersteun Bybel-Media se Bybelboekboks-projek en maak saam met ons 'n verskil.

Bybel-Media het besluit om in hierdie uitdagende tye uit te reik na Suid-Afrika se aftreeoorde, versorgingsoorde en tehuise vir bejaardes. Ons het jou hulp hiermee nodig.

Hoe kan jy ons help?

Word deel van ons Bybelboekboks-projek en bederf ’n tehuis of aftreeoord van jou keuse met ’n boks gratis geloofsboeke, Bybels en Lewenslêers.

Hoe werk dit?

• Identifiseer ’n tehuis of aftreeoord in jou omgewing of in ’n nabygeleë gebied.

• Gee aan ons die naam van die tehuis of aftreeoord en die korrekte adres vir die aflewering van die boeke.

• Identifiseer ook ’n spesifieke persoon in die tehuis of aftreeoord wat die boks boeke kan ontvang en namens ons kan uitdeel.

• Help ons om ’n boks gratis geloofsboeke by ’n ouetehuis van jou keuse af te lewer.

• Skenk die koerierkoste van R99 en ons skenk ’n boks vol boeke.

• Maak ’n impak en bemoedig mense in hulle geloof.

As jy wil help, stuur vandag nog jou inligting aan hannelie.matthee@bmedia.co.za en ons kontak jou.

Besoek www.bybelmedia.co.za vir meer inligting.