Die volgende nuusbrief sal weer op 11 Junie  2018 verskyn, aangesien enkele lede van Bybel-Media se bestuur vir 15 dae uitstedig op 'n besoek aan Indië sal wees.

Nuusbrief  9 / 2018

Lees in die Kerkbode van 18 Mei ...

Op 76 het ds Petrus Moolman sy doktorsgraad verwerf oor hoe ʼn holistiese seniorbediening vir die kerk kan lyk. Kerkbode vertel meer van dié gedagtes wat hy met die kerk wil deel.

Lees ook oor ʼn bediening vir kwesbare vroue wat in twaalfde kanse glo; van ʼn gemeente wat ʼn arm gemeenskap in Mosambiek besoek het en ryker teruggekom het as wat hulle gegaan het; en van die kerk se “biesiemandjie vol hoop” vir vroue met krisisswangerskappe.

Alan Childs vertel watter hoop daar lê in vennootskappe met nie-regeringsorganisasies vir stadsgemeentes wat sukkel om te oorleef.

Kerkbode stel u ook voor aan Pierre du Plessis, die wenner van die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerke met sy boek: Jesus ruik na mirre en stof.

Lees ook die jongste nuus oor die hofsaak tussen ʼn groep lidmate en die kerk, oor ʼn koorfees, oor die kerk se pogings om rustigheid in Noordwes-te help bring, en oor samewerking tussen kerke in Tshwane.

---

Jongste Bybelkor-publikasie

KLIK HIER om die produk te koop

Om reg te stel - Ernst Conradie

Wat verg dit om dinge reg te stel as dit eers verkeerd geloop het? Dit is reeds moeilik wanneer iets tussen mense verkeerd loop, maar nog veel ingewikkelder as dit tussen groepe, organisasies en hele samelewings verkeerd loop. En tussen God en mens, Skepper en skepping?

Regverdiging en geregtigheid is twee woorde wat verduidelik wat dit verg om dinge reg te stel. Al twee is belangrik, veral in die gereformeerde tradisie, maar dit is besonder moeilik om reg te laat geskied aan regverdiging én geregtigheid. Hierdie boek gaan oor daardie “én”.

Die probleem is dat baie mense wat graag oor regverdiging praat nie ewe opgewonde oor geregtigheid is nie, terwyl die omgekeerde ook geld. Hoe, dan, kan regverdiging en geregtigheid sáám herwin word?

SKRYWER
Ernst Conradie is senior professor in die Departement Godsdiens en Teologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland en werk veral in die veld van Christelike ekoteologie.

---

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Groete vanuit Wellington.

Strydom Bruwer
Bybel-Media
E-pos: strydom@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223