Nuusbrief  8 / 2018

 Lees in die Kerkbode van 4 Mei ...

......die verhaal van ʼn gewese NG dominee wat sport gebruik om jong mense te bereik.

Lees ook hoedat ʼn Bybelse tuin ingespan word om die boodskap van die evangelie tuis te bring.

Lesers kan vir prof Louis Jonker, wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys beter leer ken.

Daar is ook bydraes wat van verskillende kante af na missionaliteit kyk.

Lees oor die Protestantse Kerk in Nederland wat worstel met die vraag of die kerk te wit is, en oor die Sielkundigevereniging van Suid-Afrika se nuwe riglyne vir sieklkundiges om met gay en ander seksueel diverse mense te werk.

---

Lees in die Junie-uitgawe van LiG ...

.......waar Nadine Blom vertel hoe sy besef het dat God lief is vir stukkende mense.

Skrywer en skilder, Carina Stander, vertel ook hoe haar ouers haar andersheid gevier het.

Ons leer oor wat die Bybel oor die hemel sê? En vind uit wat God ons oor pa-wees leer.

Ons gee ook raad as jou geliefde aan Alzheimersiekte ly. En gesels met 60-plussers wat die lewe aangryp en vier!

LiG gesels met kenners en ouers oor huiswerk op laerskool – is dit die moeite werd? Ons gee raad oor hoe om kreatiewe kinders groot te maak (hulle presteer beter!) en sien hoe #imagine jonges laat droom en dien.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

---

Jongste Bybelkor-publikasie

KLIK HIER om die produk te koop

Mosaïek van Maria - Lisel Joubert

Lisel Joubert vertel sy wou al lankal ʼn boek oor Maria skryf. Om verskeie redes: Sy is Jesus se ma, maar ook ʼn doodgewone meisie wat deur ʼn engel verras is. Sy is die vrou in die Jesusverhaal. Sy was nog altyd vir baie mense ʼn ware toonbeeld van geloof. Natuurlik dra sy ook ʼn stukkie gevaar in haar.

Ons ervaring is dat Maria die hele tyd in die agtergrond ís, maar dat niemand oor haar praat nie. Hoekom nie? Miskien oor die vrees dat sy dieselfde rol as heiliges in die Katolieke tradisies sal inneem.

Die grootste rede waarom Lisel Joubert oor Maria wou skryf, was egter haar nuuskierigheid. Sy wou verstaan wat met Maria gebeur het en sy wou weet wat Maria vandag vir ons oor God kan leer. Want Maria se verhaal gee ons inderdaad meer begrip van wie God is.

In hierdie boek gee sy dan vir haar lesers verskeie blikke op Maria. In die proses word daar vir ons nuwe moontlikhede en vars insigte gebore. En gebore is die woord wat alle gelowiges oor die hele spektrum van geloofstradisies aan Maria sal koppel.

Want uit haar is ons Verlosser, Jesus Christus, gebore.

SKRYWER
Lisel Joubert is ʼn teoloog en ­predikant in die NG gemeente Gansbaai. Sy het ʼn dok­tors­­graad in Ou Testament ver­werf. Haar pas­sie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christe­like tradi­sie.

---

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Groete vanuit Wellington.

Strydom Bruwer
Bybel-Media
E-pos: strydom@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223